Lewensgrootte LEGO-resiesmotor stel rekord op

Lees ook :

Foto: LEGO Facebook-blad

ENGELAND. – LEGO het onlangs ’n nuwe wêreldrekord opgestel vir die vinnigste bestuurbare LEGO-motor deur ’n Koenigsegg Sadair’s Spear-megavoertuig, wat uit 327 906 LEGO-elemente bestaan, teen die heuwel af by Goodwood Estate naby Chichester in West Sussex, Engeland, teen ’n verstommende 111 km/h te laat ry.

Die lewensgrootte Sadair’s Spear is niks minder nie as ’n tegniese wonderwerk. Dit het ’n span LEGO-bouers nie minder nie as 9 400 uur geneem om dit sonder enige gom aanmekaar te sit, en die eindproduk is só ongelooflik realisties dat dit, wanneer dit in beweging is, soos ’n regte Koenigsegg lyk eerder as ’n speelgoedkar van plastiekblokkies.

Bronne: Facebook-bladsye van LEGO en Koenigsegg

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief