Lewenslange tronkstraf vir moord oor harde musiek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

LIMPOPO. – Sers. Nditsheni Lefty Mphephu (46) is lewenslange tronkstraf opgelê vir die doodskiet van Teith Muthige ná ’n rusie oor harde musiek laataand toe studente besig was om te studeer.

Phaladi Shuping, Opod-woordvoeder, sê die voorval het op 20 November 2023 omstreeks 22:00 in Makwarela, Thohoyandou plaasgevind. Die beampte het volgens getuienis harde musiek gespeel terwyl hy sy motor gewas het. In die huis op dieselfde erf was studente besig om vir hul eindeksamen te leer. Die oorledene het die beampte gekonfronteer oor die geraas omdat dit die leeromgewing versteur het. Die situasie het in ’n argument ontaard waarna die beampte glo sy vuurwapen gaan haal en die jong man verskeie kere geskiet het.

Hy het ná die skietvoorval van die toneel gevlug, maar is die volgende dag in hegtenis geneem. Die slagoffer het later aan sy beserings beswyk.

Die hof het die beampte ook ongeskik verklaar om ’n vuurwapen te besit.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief