Lex Libertas beplan 3 000 wit kruise by Withuis in VSA

Lees ook :

Foto: Lex Libertas

Lex Libertas sê hy beplan om op 26 September ‘n gedenkwaak op die National Mall in Washington, D.C., aan te bied waartydens 3 000 wit kruise opgerig sal word ter nagedagtenis aan slagoffers van plaasmoorde in Suid-Afrika. Die National Mall is die openbare terrein tussen die Withuis en die Amerikaanse Kongresgebou.

Volgens die organisasie vorm die waak deel van ‘n internasionale veldtog om aandag te vestig op wat hulle beskryf as geweld teen plaasgemeenskappe, diskriminasie teen minderhede en die verval van die Suid-Afrikaanse staat. Dr. Ernst Roets, uitvoerende direkteur van Lex Libertas, sê die organisasie wil die kwessies direk onder die aandag van Amerikaanse beleidmakers bring. As deel van die veldtog is ‘n internasionale petisie van stapel gestuur waarin gevra word dat die VSA ‘n spesiale gesant vir die Afrikanergemeenskap en ander kulturele minderhede in Suid-Afrika aanstel. Die doel is om 100 000 handtekeninge te bekom voordat die petisie aan die Amerikaanse administrasie oorhandig word.

Lex Libertas werk vir die veldtog saam met die New York Young Republican Club (NYYRC) en beplan ook ‘n konferensie in Washington waar slagoffers van plaasaanvalle hul ervarings met Amerikaanse besluitnemers sal deel. Reeds 70% van die kruise is geborg.

Druk hier en hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief