Lid van misdaadsindikaat gaan lank sit

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

VYSTAAT. – Finane Thulo (42), ‘n lid van ‘n misdaadsindikaat, is deur die Virginia-streekhof skuldig bevind en swaar gevonnis, nadat hy deur middel van ‘n uitkenningsparade en ontleding van die sindikaat se werkwyse aan ses gevalle van inbraak en roof gekoppel is. Hy is in die Butterworth-gevangenis in die Oos-Kaap opgespoor, waar hy reeds vir ‘n afsonderlike gewapende roofsaak in aanhouding was.

Lt.kol. Thabo Covane sê die hof het Thulo wat aan sake tussen 2011 en 2019 gekoppel is tot 38 jaar tronkstraf gevonnis, waarvan hy effektief 10 jaar sal uitdien. Volgens Covane het die misdaadsindikaat vir meer as tien jaar lank inwoners van Virginia, Welkom en Odendaalsrus in die Lejweleputswa-distrik geteiken. Die sindikaat word aan ‘n reeks huisrooftogte, inbrake, poging tot moord en verkragtings gekoppel. Covane sê die deurbraak kom na noukeurige speurvernuf. Sers. Mosiuwa Ntholeng van die SECI-eenheid en sers Jack Salemane van die Bultfontein GKS-eenheid het saamgewerk om die verdagtes voor die hof te bring.

Hy waarsku egter dat verskeie verdagtes wat aan die sindikaat gekoppel word, nog op vrye voet is. Enigiemand met relevante inligting word gevra om na vore te kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief