Liggaam van vrou in vrieskas gevind – ondersoek begin

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

NOORD-KAAP. – ’n Skokkende ontdekking is in Upington gemaak – die liggaam van ’n 46-jarige vrou is Dinsdag in ’n vrieskas by haar huis gevind.

Foto: Missing Person South Africa

Lt.kol. Thabo Litabe, polisiewoordvoerder, sê die vrou is vroeër die dag deur haar man as vermis aangemeld. Ná ’n soektog by die woning is haar liggaam later die middag in ’n vrieskas in ’n stoorkamer ontdek. Die polisie het intussen ’n geregtelike doodsondersoek geopen. ’n Lykskouing sal gedoen word om vas te stel wat tot haar dood gelei het.

Die polisie doen ’n beroep op enigiemand met relevante inligting om Upington-speurtak by 054 – 3373435 of AO Moffat Silingile by 082 495 4615 te bel. Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief