Liggaam van Zenande in Krokodilrivier ontdek

Lees ook :

Foto's: SAPD en Laerskool Laeveld

MPUMALANGA. – Die liggaam van Zenande Chiloane is op Jeugdag deur die polisie as die derde slagoffer opgespoor, nadat ‘n voertuig op 7 Junie in die Krokodilrivier naby Kamagugu, buite Mbombela, beland het. Die liggaam is sowat drie kilometer van die plek gevind waar die voertuig en liggame van twee ander slagoffers vroeër ontdek is.

Volgens polisiewoordvoerder, lt.kol. Jabu Ndubane, het die polisie se soek-en-reddingseenheid sedert die voorval onverpoos gewerk om Chiloane op te spoor. Die liggaam is deur familie geïdentifiseer.

‘n Wit sportnutsvoertuig het vroeg op 7 Junie in die rivier beland. Twee liggame, dié van Vigo Godfrey (20) en Tintswalo Khoza (20), is uit die wrak gehaal, Die derde insittende was sedertdien vermis, wat ’n uitgebreide soektog tot gevolg gehad het. Reddingspanne, saam met verskeie rolspelers en vrywilligers het vir nege dae onder moeilike en gevaarlike toestande in die rivier met krokodille en seekoeie na die liggaam gesoek. Die uiteindelike deurbraak is bereik toe die derde liggaam gister opgespoor en uit die water gehaal is.

Polisie het bevestig dat ’n saak van strafbare manslag ondersoek word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief