LIMPOPO. – Premier Phophi Ramathuba het alle voornemende vakansiegangers, pelgrims en besoekers wat van 3 April af vir die Paasfees na Limpopo reis, verwelkom. Sy sê hierdie heilige tyd bied ’n geleentheid vir families, vriende en geloofsgemeenskappe om saam te kom, te bid en nuwe krag te vind. Die provinsie huisves jaarliks miljoene gelowiges wat Moria buite Polokwane besoek.
Thilivhali Muavha, woordvoerder van die premier, sê Limpopo is ’n streek van kultuurrykdom, natuurlike skoonheid en geestelike betekenis. Die provinsie is jaarliks gasheer vir miljoene gelowiges wat die Zionskerk (ZCC) en St Engenas ZCC besoek. Hierdie samekomste bevorder sosiale samehorigheid, geestelike eenheid en ekonomiese aktiwiteit.
Besoekers word aangemoedig om Limpopo se toerisme-aanbiedinge te verken, plaaslike besighede te ondersteun en die provinsie se gasvryheid te ervaar, terwyl hulle veiligheidsmaatreëls in ag neem.
Premier Ramathuba waarsku dat die toename in verkeer op hoofweë en rondom pelgrimsterreine ekstra versigtigheid vereis. Sy sê moegheid is een van die hoofredes vir padongelukke en moedig bestuurders aan om elke twee uur of ná 200 km ’n russtop te neem. Sy beklemtoon dat padveiligheid ’n gedeelde verantwoordelikheid is wat waaksaamheid, dissipline en wedersydse respek verg. Die Limpopo- provinsiale regering wens inwoners en besoekers ’n vredevolle, veilige en geestelik verrykende Paasfees toe.
PGJ Meiring het in die Kerkbode geskryf die Zion Christian Church (ZCC) is die grootste onafhanklike Afrika-kerk in Suider-Afrika met ‘n lidmaattal van ongeveer 4 miljoen individue en 40 000 gemeentes. Volgens Wikipedia het die kerk volgens die 1996-sensus sowat 3.87 lidmate gehad en gedurende 2001 sowat 4.97 miljoen. Die kerkgemeenskap kom twee keer per jaar byeen – die volgende sal in September wees.






3 Responses
Trying my luck with Rico33win tonight. Wish me luck guys! New to this site too, if anyone have any tips lemme know! What do you think of rico33win from your experiences?
Yo, looking for a new app to mess around with? I gave we999gameapk a download. It’s got a good variety and the apk installed smoothly for me. Worth a try if you’re bored! Get it here: we999gameapk
Hey everyone, checked out 23betwin the other day, interface is pretty clean and easy to use. Might be worth a look for some casual fun! Check it right here: 23betwin