Brekende Nuus
Nuus

‘Dolfyn’ kry sy droomvangs ná 45 minute

Foto's: Laerskool Hartenbos

WES-KAAP. – Loudin Grové (10), ’n gr. 4-leerling van Laerskool Hartenbos, het ’n onvergeetlike hengelervaring gehad toe hy ’n groot kabeljou ná ’n geveg van 45 minute suksesvol uit die water kon haal.

Volgens ‘n sosialemediaplasing van die skool was Loudin aanvanklik van plan om sandhaaie en blou pylsterte te vang, maar hy het met geduld, vaardigheid en deursettingsvermoë met ’n droomvangs weggestap. Die kabeljou is ná die vangpoging veilig terug in die water vrygelaat. Die skool sê dit is vir sy pa besonder spesiaal om te sien hoe Loudin se hengelvaardighede ontwikkel en hoe sy liefde vir die sport wat hulle saam beoefen, groei.

Die skool het Loudin gelukgewens met sy besondere vangs en die ervaring wat hom nog lank sal bybly.