Ma aangekla ná peuter glo aan springmieliepitte verstik en sterf

Lees ook :

Foto: Munchies and Murder

VSA. – Olivia Bithorn (36) is verlede week van strafbare manslag aangekla nadat Luke Russell Jr. haar 18 maande oue seuntjie na bewering aan springmieliepitte verstik en gesterf het. Bithorn het verlede Maandag in die Nassau County-hof verskyn nadat haar seun in April gesterf het.

Dit het in Merrick, Long Island, in die Amerikaanse deelstaat New York by ‘n Airbnb gebeur toe die ma saam met haar twee kinders daar tuisgegaan het. Bithorn word daarvan beskuldig dat sy vir haar seun en sy 3-jarige sussie ongekookte springmieliepitte gegee het om te eet. Die pitte het na bewering in die kleuter se keel vasgesit, waarna hy dood is.

Aanklaers voer verder aan dat Bithorn ten tyde van die voorval onder die invloed van alkohol was en haar in die badkamer bevind het toe die tragedie afgespeel het. Haar dogter se gehuil het haar aandag getrek. Volgens berigte was die seun glo reeds ‘n uur lank oorlede voordat hulp ontbied is.

Bithorn het emosioneel in die hof verskyn waar sy formeel van strafbare manslag aangekla is. Die saak duur voort. Daar blyk ‘n geskiedenis te wees waar die ma haar kinders se lewens weens verslawing in gevaar gestel het. Haar vervreemde man het haar na bewering vir maande lank nie toegelaat om die kinders by hom te laat oorslaap nie.

Bronne: NBC New York, People, Law & Crime, New York Post, The Sun US

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief