Ma en baba weg – polisie vra hulp met opsporing

Lees ook :

Foto: SAPD

VRYSTAAT. – Ane Pienaar (36) en haar 11 maande oue babadogter word sedert Vrydag vermis. Die Harrismith-polisie vra die publiek se hulp om die ma en baba op te spoor.

Volgens AO Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, is Pienaar Vrydagoggend laas deur haar lewensmaat by hul woning gesien voordat hy werk toe is. Pienaar en die baba was op daardie tydstip nog by die huis. Die man het later teruggekeer en opgemerk dat die ma en die baba se klere uit die kas verwyder en hulle vermis is. Die huissleutel is op ’n venster gelaat.

Die voorval is Sondag by die polisie aangemeld. Enigiemand met inligting oor Pienaar en die baba se ligging word versoek om kapt. Vusimusi Zwane by 060 976 4290 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief