LIMPOPO. – ’n Soektog na ‘n vrou, wat aan ‘n babadogter geboorte geskenk het en haar daarna in Kgatla-seksie, Makotopong, naby ’n steengroef gelos het, is deur die Sebayeng-polisie geloods. Die baba was in ‘n swart trui toegedraai en in ‘n plastieksak geplaas.
Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê die voorval het op 19 Oktober omstreeks 06:00 plaasgevind. Volgens inligting is die pasgebore baba deur ’n vroulike verbyganger ontdek waar sy langs die pad onder ’n doringboom gelê het. Die verbyganger het onmiddellik hulp ontbied vanaf gemeenskapslede, die polisie en nooddienste. Met aankoms het die polisie die baba lewend en huilend aangetref, sonder enige sigbare beserings. Sy is na ’n plaaslike kliniek geneem vir mediese sorg en sy is gesond bevind.
Die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting wat kan help om die ma van die baba op te spoor om na vore te kom en speur.sers. Lucy Ngobeni by 082 565 6764 of 082 729 0399 te bel. Die ondersoek duur voort.





