Ma, oom en 2 mans in hof vir beweerde verkragting van 6-jarige

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Vier verdagtes uit Booysens het Dinsdag in die Pretoria-landdroshof verskyn in verband met die beweerde verkragting van ‘n 6-jarige meisie.

Volgens NVG-woordvoerder, Lumka Mahanjana, staan die ma (33) en twee mans (41 en 43) elk op twee aanklagte van verkragting tereg. Die ma word ook op bykomende aanklagte van versuim om ‘n seksuele misdryf teen ‘n kind aan te meld, sowel as regsverydeling, aangekla. Die vierdie verdagte, ‘n oom (27), word van seksuele aanranding beskuldig.

Daar word beweer dat die ma haar 6-jarige dogter tussen 8 en 10 Mei by die twee mans se huis in Booysens agtergelaat het, terwyl sy na ‘n naburige taverne is. Die twee mans het die kind na bewering na die kombuis geneem waar daar glo seksuele aksies op die kind uitgevoer is, waarna sy later in die badkamer verkrag is. Toe die ma terugkeer, het die kind haar van die voorval vertel. In plaas daarvan om hulp te soek, het die ma glo die kind gebad, haar bloedbevlekte onderklere gewas en gaan slaap.

Op 11 Mei is die kind deur haar pa afgehaal. Sy het hom en sy lewensmaat van die verkragting vertel, waarna hulle die saak onmiddellik by die polisie aangemeld het. Tydens die inhegtenisneming van die ma en die twee mans op 21 Mei het die kind verder onthul dat haar oom ook glo voorheen onvanpas aan haar geraak het. Al vier verdagtes is daarna in hegtenis geneem.

Die saak is vir borgondersoeke tot 1 Junie uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief