Brekende Nuus
Nuus

Malaria eis 17 lewens in 9 maande

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – 768 malariagevalle en 17 sterftes is vanjaar vanaf Januarie tot September in Gauteng aangeteken. Dit is 38,6% meer gevalle as in dieselfde tydperk in 2025, toe 554 gevalle en ses sterftes aangemeld is. Die Gautengse departement van gesondheid het inwoners Donderdag gemaan om voorsorg te tref wanneer hulle na gebiede reis waar malaria voorkom.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van gesondheid, sê inwoners loop die risiko om malaria op te doen wanneer hulle na gebiede reis waar die siekte algemeen is. Van die 17 mense wat gesterf het, het 15 na lande in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap gereis. Die departement het sowat 59% van die sterftes met reise na Mosambiek verbind.

Die departement moedig reisigers aan om voor vertrek ’n reiskliniek te besoek. Diegene wat tydens of ná ’n besoek aan ’n malariagebied simptome soos koors, kouekoors, hoofpyn, spierpyn, naarheid of braking ontwikkel, moet onmiddellik mediese hulp kry en gesondheidswerkers vertel waarheen hulle gereis het.