Brekende Nuus
Afrikaans

Man besit kaarte van gemeenskapslede om betalings te ontvang

Shakir is tot 12 maande gevangenisstraf of ‘n boete van R15 000 gevonnis.

Foto: Op lêer
Foto: Op lêer

NOORD-KAAP. – ‘n Man, Abdur Razzar Shakir (25), is skuldig bevind nadat hy in besit van verskillende kaarte van gemeenskapslede op Upington was om geld van lenings wat hy in dié persone se name gemaak het, te ontvang. Hy was in die besit van SASSA-kaarte, bankkaarte en identiteitsdokumente.

Volgens Nomthandazo Mnisi, polisiewoordvoerder, het die beskuldigde hierdie kaarte onwettig gehou om betalings vir onwettig gevorderde lenings te ontvang, asook die verskaffing van goedere uit winkels te waarborg.

Man beboet na hy verskillende kaarte besit

Shakir is tot 12 maande gevangenisstraf of ‘n boete van R15 000 gevonnis.

Hy is reeds in Mei 2020 in hegtenis in geneem nadat die Valke inligting ontvang het oor die beskuldigde wat in besit van die kaarte is.

LEES OOK: Leerder gee homself oor na slagoffer op skoolterrein doodgesteek is

Volg Nuusflits hier vir die nuutste nuus.

Nuusflits het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.