Man breek by meer as 1 000 huise in vir ‘stresverligting’

Lees ook :

(Man breek in by meer as 1,000 huise)

JAPAN. – ’n Man (37) is op 25 November in hegtenis geneem nadat hy betrap is waar hy by ‘n huis ingebreek het in Dazaifu, in die suide van Japan. Sy redenasie vir hierdie ongewone gedrag? Hy noem dit ‘n stokperdjie wat sy spanning verlig.

Volgens die polisie het die man erken dat hy oor die jare by meer as 1 000 huise ingebreek het sonder om enigiets te steel of mense skade aan te doen. Hy beskryf die ervaring as ‘n adrenalien “rush” wat hom laat ontspan. “Ek voel opgewonde en my hande sweet van die spanning of ek gevang gaan word of nie,” het hy aan die polisie gesê.

Die polisie was verbaas oor sy optrede, aangesien geen verdere misdade soos diefstal of geweld aan hom gekoppel is nie.

Bronne: Hindustan Times, Business Today, WION

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief