JAPAN. – ’n Man (37) is op 25 November in hegtenis geneem nadat hy betrap is waar hy by ‘n huis ingebreek het in Dazaifu, in die suide van Japan. Sy redenasie vir hierdie ongewone gedrag? Hy noem dit ‘n stokperdjie wat sy spanning verlig.
Volgens die polisie het die man erken dat hy oor die jare by meer as 1 000 huise ingebreek het sonder om enigiets te steel of mense skade aan te doen. Hy beskryf die ervaring as ‘n adrenalien “rush” wat hom laat ontspan. “Ek voel opgewonde en my hande sweet van die spanning of ek gevang gaan word of nie,” het hy aan die polisie gesê.
Die polisie was verbaas oor sy optrede, aangesien geen verdere misdade soos diefstal of geweld aan hom gekoppel is nie.
Bronne: Hindustan Times, Business Today, WION