Man en baba verdrink ‘tydens rusie’ in Modderrivier

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

VRYSTAAT. – ‘n Man (30) en ‘n baba (1) wat deur sy ma opgepas is, het in die Modderrivier in Boithusa verdrink. Die man het glo op 23 Februarie glo ‘n rusie met die baba se ma gehad, waartydens hy glo die kind gegryp en na die rivier gehardloop het waar hulle verdrink het. Op 26 Februarie is eers die man se liggaam en Donderdag die baba se liggaam uit die rivier gehaal.

Sers. Mahlomola Kareli, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die voorval het omstreeks 12:50 in die N-afdeling plaasgevind, terwyl sy ma die baba opgepas het. Volgens getuies het die man met die baba die diep water ingegaan, waarna albei verdrink het.

’n Soek- en reddingsoperasie is onmiddellik van stapel gestuur, maar die liggame kon weens die toestande in die rivier aanvanklik nie gevind word nie. Op 26 Februarie omstreeks 18:20 het gemeenskapslede die polisie laat weet van ’n liggaam wat in die Klein-Modderrivier dryf. Die liggaam is uitgehaal en as dié van die 30-jarige man geïdentifiseer. Die polisie se duikeenheid het daarna voortgegaan met die soektog na die baba. Op 5 Maart, kort na 12:00, is die baba se liggaam uiteindelik ook uit die water gehaal.

Die polisie het ’n moordsaak geopen en die formele proses om die oorlede man van moord aan te kla, sal voortgaan sodat die ondersoek afgehandel kan word.


​

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief