WES-KAAP. – ‘n Man en ‘n vrou is Saterdagaand omstreeks 23:30 tydens ‘n huisroof op ‘n plaas buite Grabouw aangeval en vasgebind.
Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits die aanvallers het deur ‘n badkamervenster toegang tot die eiendom verkry, terwyl die slagoffers geslaap het. Verdagtes was met messe en ’n koevoet bewapen en het die man en vrou vasgebind voordat hulle met ’n vuurwapen, juweliersware, selfone en ’n iPod gevlug het. Die Grabouw-polisie het ’n saak van huisroof vir ondersoek geregistreer.
Enigiemand met inligting word gevra om na vore te kom.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: