Man gevonnis nadat hond van 4de verdieping gegooi is

Lees ook :

Foto's: Cape of Good Hope SPCA

WES-KAAP. – Xzeaan Fortuin is skuldig bevind en gevonnis vir dieremishandeling nadat ’n hond in Mei 2024 van die vierde verdieping van ’n woonstelgebou in Belmont Park gegooi is. Die vonnis is vir vyf jaar heeltemal opgeskort.

Die Kaap die Goeie Hoop-DBV sê die saak het begin nadat wetstoepassingsbeamptes van die Stad Kaapstad op die toneel opgedaag en die DBV onmiddellik in kennis gestel het. DBV-inspekteurs het die hond in ’n uiters benarde toestand aangetref. Die dier kon nie op sy eie staan of beweeg nie, het bloed aan sy lyf gehad, swaar asemgehaal en was klaarblyklik in erge pyn. Die hond het ook gekerm wanneer hy aangeraak is en is dringend vir veeartsenykundige behandeling geneem. ’n Saak van dieremishandeling is geopen en die voorval is in samewerking met die polisie ondersoek.

Ná talle hofverskynings oor meer as twee jaar is die saak op 24 Julie afgehandel toe Fortuin skuldig bevind is. Die hof het hom tot ’n boete van R10 000 of ses maande gevangenisstraf gevonnis wat vir vyf jaar in geheel ogpeskort is. Fortuin is ook vir twee jaar onbevoeg verklaar om enige dier te besit of daarvoor verantwoordelik te wees.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief