Man in hof oor ‘bedrog/diefstal’ van R113 m. staatsgrond

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Andrew Molifi (51) het op 12 Maart in die Pretoria- espesialiseerde kommersiële-l misdaadhof verskyn op 34 aanklagte van bedrog of alternatiewelik diefstal wat staatsgrond ter waarde van R113 miljoen behels.

Lumka Mahanjana, NVG-woordvoerder, sê dit word beweer dat Molifi van 2016 tot sy inhegtenisneming staatsgrond ter waarde van R113 miljoen in 777 Erwe West Township (Beverly Hills) in die Emfuleni-munisipaliteit bedrieglik aan ongemagtigde kopers verkoop het.

Volgens die aanklag het hy ’n enkele erf vir R22 000 en ’n dubbele erf vir R44 000 verkoop. Kopers het glo ’n brief ontvang waarin gesê is dat die titelakte verwerk word. Die bedrog het aan die lig gekom toe die departement van menslike nedersettings konstruksie op die betrokke grond opgemerk het. Ondanks ’n hofbevel in 2019 om bewoners van die grond aan die departement aan te meld, het Molifi glo voortgegaan om die grond aan ander kopers te verkoop. Hy is op 11 Maart by sy huis in Evaton in hegtenis geneem

Tydens sy hofverskyning het sy advokaat die jurisdiksie bevraagteken, maar die hof het bevestig dat dit die regte hof is. Die saak is vir ‘n borgtogaansoek wat teengestaan word tot 24 Maart uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

One Response

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief