Siekteverlof vertraag Tshwane-metro se dienslewering

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – ’n Onlangse verslag van die Tshwane-metro toon dat buitensporige siekverlof onder amptenare dienslewering ernstig belemmer. Tussen April en Junie 2025 het 18 266 permanente werknemers saam 43 033 dae siekverlof geneem, gelykstaande aan 118 jaar se werk.

Roche Grebe, vir die VF Plus, sê in ‘n verklaring vir die finansiële jaar 2024/25 beloop die siekverlof 142 490 dae, wat neerkom op sowat 390 jaar se werk. Onder normale omstandighede behoort die metro se arbeidsmag ongeveer 4,7 miljoen werksdae per jaar te lewer. Die groot afwesigheid het die metro se produktiwiteit drasties verminder en dienslewering vertraag, terwyl krag- en waterprobleme toeneem en paaie agteruitgaan. Die VF Plus sê daar moet vinnig opgetree word deur onder meer dat die metro se siekverlofpatrone ondersoek moet word, mediese sertifikate streng geverifieer moet word, misbruik tersyde gestel moet word.

Voorts moet regstellende stappe toegepas word vir werknemers wat nie hul poste kan volhou nie. Tegelykertyd moet welstandsprogramme ingestel word om werklike gesondheidsprobleme aan te spreek.

Die party sê werknemers moet weer hul verbintenis tot dienslewering en uitnemendheid bewys, sodat die metro die gemeenskap behoorlik kan bedien.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief