Man kritiek ná beweerde huisroof

Lees ook :

Foto: Emer-G-Med

GAUTENG. – ’n 49-jarige man is vroeg Maandagoggend kritiek gewond toe hy tydens ’n beweerde huisroof in Erasmusrand, Pretoria, geskiet is.

Emer-G-Med is na die toneel ontbied waar ‘n man met verskeie skietwonde aangetref is. Hy is behandel en gestabiliseer. Weens die erns van sy beserings is ’n lugambulans ontbied om hom vir verdere behandeling na ’n gespesialiseerde traumasentrum te vervoer.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits twee onbekende verdagte mans het glo toegang tot die huis forseer. Hulle het glo die man geskiet voordat hulle van die toneel gevlug het. Die slagoffer is daarna na ’n hospitaal geneem.

Die polisie ondersoek ’n saak van huisroof en poging tot moord.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief