Man skiet glo een dood, wond ander in verkeer voor hy homself skiet

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – ‘n Man (38) het vanoggend (Woensdag) omstreeks 06:30 by die Areyeng-bushalte in Paul Krugerstraat glo uit sy voertuig geklim en op ‘n man (28) en ‘n vrou (26) in ‘n voertuig geskiet. Hy het glo daarna homself doodgeskiet. Die man wat geskiet is, is na ‘n hospitaal vervoer, terwyl die vrou dood verklaar is.

Kapt. Johan van Dyk, Tshwane-polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits volgens beskikbare inligting het die skieter noordwaarts in ’n wit Kia gery toe hy stop, uitklim en met ’n vuurwapen na ’n wit Nissan Almera geloop het waarin die slagoffers gesit het. Hy het glo verskeie skote op die voertuig se twee insittendes geskiet. Die Nissan het daarna nog sowat 150 meter voortbeweeg voordat dit tot stilstand gekom het.

Die skieter het daarna na bewering die vuurwapen op homself gerig en selfdood gepleeg. Nooddienste het die vroulike passasier in die Nissan dood verklaar. Die bestuurder is op die toneel gestabiliseer en in ’n kritieke toestand na Kalafong-hospitaal geneem.

Lede van misdaadtoneelbestuur het die toneel vir bewysmateriaal gefynkam. Die vuurwapen wat gebruik is, is op die toneel herwin en sal vir forensiese ontleding ingedien word. Pretoria-Noord-polisiekantoor ondersoek sake van moord, poging tot moord en ‘n geregtelike doodsondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief