Man skuldig bevind ná 6-jarige deur klip beseer is

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – Frans “Frinko” Jasson (25) van Kakamas is vir aanranding met die doel om ernstig te beseer deur die plaaslike landdroshof skuldig bevind ná ’n voorval waarin ’n 6-jarige seun deur ‘n klip teen die kop getref is.

Volgens lt.kol. Thabo Litabe, polisiewoordvoerder, het die kind op 25 April 2025 buite sy tannie se huis gespeel. Die beskuldigde het glo ’n klip na hom gegooi en hom op die kop getref, wat tot ’n oop wond gelei het. ’n Saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer is daarna by die polisie aangemeld en Jasson is vinnig in hegtenis geneem.

Die saak is deur speur.konst. Nicola Lee-Ann Esau suksesvol ondersoek en in die hof deurgevoer. Die hof het Jasson skuldig bevind en ’n vonnis van 18 jaar tronkstraf opgelê, wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is op voorwaarde van goeie gedrag. Hy is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief