GAUTENG. – Freddie Vermeulen (42), die man van Juanita Vermeulen, wat op ‘n aanklag van moord in die Palmridge-landdroshof voorgekom het, sal weer op 19 Januarie in die hof verskyn. Juanita, wat Vrydag as vermis aangemeld is, se liggaam is met steekwonde in die kattebak van haar motor by ‘n winkelsentrum in Brakendowns, Alberton, gevind.
Die nasionale vervolgingsgesag sĂª aan Nuusflits die saak is vir verdere ondersoek tot Maandag uitgestel.
Vermeulen was die ma van ’n negejarige dogter. CPS Security, wat deel was van die soektog na Juanita en die inhegtenisneming van die beskuldigde, het op sosiale media medelye met Juanita se familie en vriende betuig. DiĂ© veiligheidsmaatskappy is deur Alberton-polisie van die rapportering van ‘n vermiste persoon ingelig.
Spanne is gemobiliseer om met ‘n soektog te help, waarna Juanita se liggaam later gevind is. Kritiese inligting is ondersoek, waarna die verdagte in die moordsaak geĂ¯dentifiseer en in hegtenis geneem is. Die verdagte is daarna aan die polisie oorhandig.
‘n Facebook-blad Justice for Juanita is intussen oopgemaak.
Lees meer hier onder:





