Man wat minderjarige seun voorberei en verkrag swaar gevonnis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Man (40) is Donderdag deur die Seshego-streekhof vir die seksuele voorbereiding en verkragting van ‘n seun (12) twee keer lewenslange tronkstraf opgelê.

Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die veroordeelde het die minderjarige deur ‘n advertensie vir ‘n fiets op Facebook gelok. Hy het die fiets aan die minderjarige belowe, sy vertroue gewen, seksueel voorberei en twee keer op verskillende tye verkrag.

Die man is op aanklag 1 sowel as aanklag 2 van verkragting elk lewenslank gevonnis en op aanklag 3 en aanklag 4 vir seksuele voorbereiding elk 5 jaar. Die vonnisse word gelyktydig uitgedien.

Sers. Nation Teffo van Seshego-GKS se ondersoekwerk het tot die inhegtenisneming, weiering van borg en aanhouding tot die afhandeling van die verhoor gelei.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief