Mandrax-tablette ter waarde van R16,4 miljoen onderskep

Lees ook :

Foto's: SAPD

NOORD-KAAP. – Twee mans is Vrydagmiddag in hegtenis geneem nadat dwelms ter waarde van sowat R16,4 miljoen op die N9 naby Colesberg onderskep is.

Volgens polisiewoordvoerder, kol. Cherelle Ehlers, het polisiebeamptes van die Vrystaat en die Pixley ka Seme-distrik ’n verdagte Toyota Fortuner sowat 10 km buite Colesberg in die rigting van Noupoort voorgekeer en deursoek. Tydens die soektog is die Mandrax-tablette ontdek.

’n Vuurwapen, ammunisie en die voertuig is ook gekonfiskeer. Die twee verdagtes is op aanklagte van dwelmhandel in hegtenis geneem.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief