Marno van der Merwe is terug met ’n nuwe kuierliedjie, Slegte Dag Om ’n Dop Te Wees, wat geïnspireer is deur ’n frase wat Springbokafrigter Rassie Erasmus in ’n video gebruik het. Marno, Georic Lomas en Marco van Deventer het die idee verder ontwikkel tot ’n opgewekte liedjie oor vriende, kuier en ’n aand wat rof verloop.
Fanie Nel van die Coleske Groep sê Marno is reeds bekend vir kuiermusiek, met sy treffer Ouens Soos Ek wat meer as vyf miljoen kyke op YouTube gekry het. Die nuwe liedjie se musiekvideo is deur Eric T Graham en Tehan Buys verfilm en speel in ’n kroeg af. Dit wys ’n groep mans in pakke wat ná ’n lang werksdag saam kuier.
Met humoristiese lirieke en ’n herkenbare kuier-tema sluit die liedjie aan by Marno se bekende musiekstyl.
Druk hier om dis ‘n Slegte Dag Om ’n Dop Te Wees op alle stromingsdienste te kry.
