Massaredding van kinders, bejaardes, diere suksesvol

Lees ook :

Foto's: Kouga Munisipaliteit

Nog foto’s deur die Kouga Munisipaliteit kan onderaan die berig gesien word.

OOS-KAAP. – ‘n Reddingspoging is Vrydag in die Gamtoosriviervallei by die Kingsway-oord en omliggende gebiede naby Jeffreysbaai aangepak, waar bejaardes, volwassenes, kinders en diere deur die oorstromings vasgekeer was. Altesaam 49 mense is gered, terwyl sowat 15 mense glo op eie versoek in die gebied gebly het. Honde, katte en selfs vee is ook na veiligheid gebring.

Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, sê volgens Ian Gray, die NSRI se streekwoordvoerder in die Oos-Kaap, is hulle vroegoggend ingelig die mense en diere by die oord deur stygende water vasgekeer is. Hulle kon nie die oord per pad bereik nie. ‘n Gekoördineerde reddingsoperasie met samewerking deur verskeie nooddienste, insluitend die polisie, EMS, rampbestuur en vrywilligers, het gevolg. Die vasgekeerdes is met bote en swem-operasies ontruim, terwyl ‘n polisiehelikopter ook gebruik is om sommige vasgekeerdes te bereik.

Geen sterftes of ernstige beserings is aangemeld nie. Die NSRI en owerhede het die samewerking van verskeie rolspelers en gemeenskapslede geprys en doen ’n beroep op die publiek om nie oorstroomde paaie te probeer oorsteek nie en om weerwaarskuwings noukeurig te monitor. Die Gamtoosrivier het binne 12 ure van ongeveer 40% na ‘n geraamde 132% gestyg.

Die Kouga-burgemeester, Hattingh Bornman, het sy dank uitgespreek teenoor Kouga se rampbestuurspanne, die polisie en die nasionale seereddingsinstituut vir hul toewyding en harde werk onder moeilike toestande. Hoewel die meeste reën bedaar het, waarsku hy dat baie gebiede steeds oorstroom en gevaarlik is. Inwoners word gemaan om oorstroomde paaie en lae brûe te vermy en om enige behoefte aan ontruiming onmiddellik aan te meld.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief