Medisyne in gewapende roof buite kliniek gesteel

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Ntandokazi Capa, die Oos-Kaapse LUR vir gesondheid, het wetstoepassers gevra om vinnig op te tree ná ’n gewapende rooftog Maandag op die terrein van die New Brighton-kliniek.

Camagwini Mavovana, die departementele woordvoerder, sê aan Nuusflits ‘n afleweringspan is volgens voorlopige verslae Maandag op die terrein met vuurwapens gekonfronteer en ’n privaat bakkie met Central Chronic Medicine Dispensing and Distribution (CCMDD)-pakkies gesteel. Niemand is tydens die voorval beseer nie.

Die polisie ondersoek die saak, terwyl die departement saam met wetstoepassers werk om die gesteelde voertuig en medisyne terug te kry. Capa het beklemtoon dat gemeenskappe ’n aktiewe rol moet speel in die beskerming van klinieke en gesondheidsbronne. Sy het gesê fasiliteite en medisyne behoort aan die mense wat dit bedien, en het gemeenskappe gemaan om hierdie dienste as hul eie te beskou deur teen kriminele dade standpunt in te neem, met owerhede saam te werk en te verhoed dat misdadigers by hulle skuil.

Sy het verder bevestig dat sy reeds met die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Xolile Nqatha, in gesprek is om te verseker dat voorvalle van hierdie aard dringende aandag van wetstoepassing kry en dat sterker veiligheidsmaatreëls ondersoek word om gesondheidsdienste in die provinsie te beskerm.

Die departement het pasiënte verseker dat noodplanne geïmplementeer word om ontwrigting by die New Brighton-kliniek tot die minimum te beperk en die voortsetting van dienste te waarborg.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief