Chinese burgers vir mensehandel gevonnis

Lees ook :

Foto: NVG

GAUTENG. – Kevin Tsao, Shu-Uei, Chen Hui, Qin Li, Jiaqing Zhou, Ma Biao, Dai Junying en Zhang Zhilian, sowel as hul maatskappy Beautiful City, is elk deur die Johannesburg-hooggeregshof vir mensehandel tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis. Die vonnis volg nadat hulle 98 Malawiese werkers, insluitend drie minderjariges, in Ekurhuleni uitgebuit het.

Phindi Mjonondwane, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die beskuldigdes is op 25 Februarie aan mensehandel, ontvoering en verskeie oortredings van arbeidswette skuldig bevind en Donderdag gevonnis. Op die aanklag van mensehandel is 20 jaar opgelê, vir ontvoering 10 jaar, addisioneel 22 jaar vir oortreding van die arbeidswette en vir fasilitering van finansies van die fabriek is addisioneel ook ‘n vonnis van drie jaar opgelê. Die maatskappy moet ‘n verdere boete van R300 000 betaal.

Volgens die hof is die beskuldigdes nie die eienaars van die fabriek nie en daarom word die vonnisse gelyktydig saam met die 20-jaar vonnis vir mensehandel uitgedien.

Lees ook meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief