DRK. – Die dodetal in die jongste Ebola-epidemie in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK), die vinnigste verspreidende uitbreking van die virus wat nog ooit aangeteken is, het die kerf van 1 000 oorskry.
Volgens Al Jazeera het Jean Kaseya, direkteur-generaal van die Afrikasentrums vir siektebeheer en -voorkoming (Afrika-CDC) Woensdag tydens ‘n gesondheidskonferensie in Ghana gesê 1 031 sterftes is bevestig sedert die Bundibugyo-variant van die virus in Mei sy verskyning gemaak het.
Sedertdien het die dodetal vinniger toegeneem as tydens enige vorige Ebola-uitbreking, insluitend die epidemie van 2013 tot 2016 – die grootste en dodelikste in die geskiedenis – waartydens meer as 11 000 mense uit minstens 28 000 bevestigde gevalle gesterf het, hoofsaaklik in Wes-Afrika, versprei oor Guinee, Liberië en Sierra Leone.
Dit het sowat agt maande geneem voordat daardie uitbreking die kerf van 1 000 sterftes bereik het. Sterfgevalle in die jongste epidemie in die DRK het dié syfer in minder as agt maande bereik.
Bronne: Al Jazeera, WBAL-TV





