Meer as 10 groot veldbrande woed laaste week regoor Kaapprovinsie

Lees ook :

Foto: Premier Alan Winde

WES-KAAP. – Minstens tien groot veldbrande is die afgelope week regoor die provinsie aangemeld, waarvan baie danksy die volgehoue pogings van brand- en nooddienste onder beheer gebring is. Tot dusver is 45 strukture beskadig en sowat 90 000 hektaar grond het afgebrand.

Luidens ‘n verklaring van Alan Winde, premier van dié provinsie, is geen sterftes aangemeld nie, wat toegeskryf word aan die samewerking tussen inwoners en nooddienste. Winde het gesê waardering word uitgespreek teenoor almal wat by die brandbestryding betrokke was – ook inwoners, vrywilligers, helikoptervlieëniers, bestuurders en persone wat skenkings gekoördineer het. Inwoners in brandgeteisterde gebiede is aangeraai om kennisgewings fyn dop te hou, vinnig op instruksies te reageer en enige nuwe brande onmiddellik aan te meld.

Die publiek is ook herinner dat verskeie dele van die provinsie steeds ernstige watertekorte ervaar. Inwoners in munisipaliteite met waterbeperkings word versoek om by daaglikse toekennings te hou en water spaarsamig te gebruik.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief