VSA. – Altesaam 2 552 mense is ongeveer twee weke gelede tydens ’n groot geloofsbyeenkoms in Jacksonville, Florida in die Atlantiese Oseaan gedoop, wat wêreldwyd aandag getrek het.
Die openbare verklaring van geloof in Jesus Christus het by Hanna Park in Jacksonville plaasgevind. The Church of Eleven22 het gesê dat sowat 14 000 mense saamgekom het om die doopgeleentheid by te woon en dopelinge te ondersteun. Die laaste persoon wat die dag gedoop is, is ‘n busbestuurder.
Ná die byeenkoms het die kerk gesê: “Still not over yesterday! 2,552 times we heard someone renounce the sins of their past, pledge allegiance to Christ, and proclaim out loud for the whole world to hear that Jesus Christ is their Lord and Saviour. There is truly nothing better than that!”
Bronne: Church of Cleven22, The Christian Broadcasting Network, 904 Happy Hour





