Meer as 40 winkels met vervalste goedere in Bellville geteiken

Lees ook :

Foto: SAPD

WES-KAAP. – Die polisie het tydens ’n grootskaalse multidissiplinêre operasie by ’n winkelsentrum in Bellville vervalste goedere ter waarde van sowat R10 miljoen in beslag geneem. Meer as 40 winkels is tydens die operasie deursoek.

Lt.kol. Amanda van Wyk, nasionale polisiewoordvoerder, het bevestig dat die klopjag op Jeugdag deur nasionale en provinsiale eenhede, sowel as verskeie ander wetstoepssings- en privaat rolspelers teen vervalste en onwettige goedere uitgevoer is. Beamptes het op groot hoeveelhede nagemaakte handelsmerkprodukte afgekom. Dit sluit klere, skoene, handsakke, horlosies, sonbrille, pette en verskeie handelsmerkverpakkings in.

Hierdie optrede volg op ’n soortgelyke operasie wat sowat ’n week gelede by dieselfde winkelsentrum uitgevoer is, waartydens vervalste goedere ter waarde van meer as R98 miljoen gekonfiskeer is. Saam beloop die vervalste goedere tydens die twee operasies gekonfiskeer meer as R100 miljoen.

Owerhede sê die optredes vorm deel van ’n landwye poging om die handel in vervalste en onwettige goedere te bekamp, wat ’n bedreiging inhou vir verbruikers, wettige ondernemings en die ekonomie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief