Meisie (5) herstel nadat skerpioen haar steek

Lees ook :

Foto's: Soos verskaf aan Boland Snake Removals 24/7 and Pest Control

LIMPOPO. – Armieke (5) van Tzaneen is Vrydag omstreeks 18:00 deur ’n skerpioen op haar linkerhandpalm gesteek. Die skerpioen is van die Parabuthus-spesie, met neurotoksiese gif.

Boland Snake Removals 24/7 and Pest Control sê in ‘n sosialemediaplasing Armieke se ouers, Christa en Floris, is van dringende raad voorsien, waarna hulle haar onmiddellik na die naaste hospitaal geneem het. Die nommer vir teengifmiddel by Onderstepoort is ook aan die ouers voorsien.

Weens die erns van die geval is Armieke omstreeks middernag in die intensiewesorgeenheid opgeneem. Sy is die hele Saterdag gemonitor en vir pyn behandel. Die teengifmiddel het met behulp van ‘n koerier by die behandelende dokter uitgekom, waarna dit Saterdag omstreeks 18:00 toegedien is.

Armieke se ouers het ‘n foto aan Boland Snake Removals 24/7 and Pest Control, wat daarna uitsien om die jong meisie eendag te ontmoet, gestuur met Armieke wat sê: “Hulle moet my nou gesond maak.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief