Brekende Nuus
Afrikaans

Soektog na liggame hervat ná tempelineenstorting in Redcliffe

Foto's en video's: Reaction Unit South Africa, KZN VIP Protection Services en IPSS Medical Rescue
Foto's en video's: Reaction Unit South Africa, KZN VIP Protection Services en IPSS Medical Rescue

KWAZULU-NATAL. – Vier liggame is reeds uit die puin gehaal ná die ineenstorting van ’n vierverdieping-tempelstruktuur in Redcliffe, naby Verulam, terwyl die ligging van ’n vyfde liggaam bekend is.

Volgens Samantha Meyrrick van IPSS Medical Rescue is die soektog Saterdag weens ongunstige weerstoestande vir die dag gestaak. Reddingspanne is vanoggend om 08:00 terug na die toneel, waar die herwinning van die vyfde liggaam sal voortgaan. Opgeleide snuffelhonde van K9-eenhede sal ook gebruik word om na moontlike verdere liggame te soek.