WES-KAAP. – Die Stad Kaapstad het nog ‘n openbare ruimte suksesvol herstel, nadat ‘n informele kamp by Palmyra in Claremont ontruim is.
Volgens die burgemeester en DA-leier Geordin Hill-Lewis, is alle persone wat by die Palmyra-kamp gewoon het, hulp aangebied om te ontruim en na die Stad se veilige skuilings te verhuis, waar meer waardige en sorgsame akkommodasie beskikbaar is. Maatskaplike werkers is ook ingespan om diegene wat ontruim word, by te staan.
Hill-Lewis het beklemtoon dat die Stad se benadering tot die herstel van openbare ruimtes altyd op sorg gegrond sal wees. Dit is terselfdertyd duidelik gestel dat niemand onbeperk en onwettig in openbare ruimtes kan bly terwyl hulle hulp om te ontruim weier nie.





