KWAZULU-NATAL. – ‘n Menslike fetus is Maandagoggend deur ‘n skoonmaker in ‘n vullisdrom by ‘n kompleks in Oaklands, ontdek.
Reaction Unit South Africa (Rusa) sê die organisasie het voor 09:00 ‘n oproep om hulp van die skoonmaakmaatskappy Project 360 ontvang. Reaksiebeamptes en paramedici is na die toneel ontbied, waar hulle ingelig is dat die fetus in ‘n lap toegedraai, in ‘n bruin wegneemete-papiersak gevind is. Volgens die inligting was die fetus in ‘n boks in die vullisdrom geplaas.
Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek. Geen verdere besonderhede is in hierdie stadium bekend gemaak nie.





