Brekende Nuus
Nuus

Menslike skedel en bene gevind

Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ’n Menslike skedel en verskeie beendere is Dinsdagmiddag (13 Oktober) op ’n wal langs Leham-rylaan in Phoenix gevind. Dit is nie bekend hoe lank die oorskot reeds daar gelê het of onder watter omstandighede die persoon gesterf het nie.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê sy Phoenix- operasionele sentrum het ’n oproep ontvang van ’n man wat beeste opgepas het en die oorskot ontdek het. Nooddienspersoneel is na die toneel gestuur en het teen die wal af beweeg en op die skedel en verskeie bene tussen die gras afgekom. ’n Inwoner het beweer dat dit die derde keer vanjaar is dat menslike oorskot in die gebied gevind word. Volgens die inwoner is die gras op die wal voorheen aan die brand gesteek en besoek dwelmgebruikers die plek gereeld. Die terrein is ook sigbaar vanaf huise aan die oorkant van die wal.