Mevrou Smith los dié keer die dood van ‘n bruidegom se eksvrou op sy troudag op

Lees ook :

Sinopse: Kan sy dit weer doen?

Die fantastiese Mevrou Smit is terug! En daar is weer ’n geheimsinnige moord…

Gaan die aweregse, hardekwas vrou met die skerp tong weer die moordenaar vastrek? Die nege lewens van Mevrou Smit is die heerlike opvolg op die gewilde  Die fantastiese Mevrou Smit,  die eerste boek in hierdie nuwe lekkerlees-spanningsreeks.

Dié keer hou Aronspoort bruilof en die dorp bewe behoorlik van op-winding. Maar op die troudag verloop niks volgens plan nie. Nie met Mevrou Smit in die omtrek nie …

Net voordat die skone bruid kansel toe stap waar haar aanstaande blouoogdokter vir haar wag, slaan dié se eksvrou morsdood in een van die kerkbanke neer. Pandemonium bars los. Was dit moord? En wie sal so ’n verskriklike ding op so ’n heuglike dag doen? Boonop loop die dorp onder ’n reeks boewery deur.

Wie of wat skuil agter al hierdie boosheid en wat het dit met Mevrou Smit se eie donker verlede te doen? Sal sy die dorp en haarself kan red?

Elizabeth Wasserman is ’n patoloog bekend vir haar gewilde kinderboekreekse. Nege lewens is haar tweede roman vir volwassenes.

Kliek hier vir meer inligting: Die nege lewens van Mevrou Smit by Wasserman, Elizabeth | Penguin Random House South Africa

*ADVERTENSIE

Lees ook: Wegkruiper sal jou heel aand laat wakker bly met al die raaisels en kinkels

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App