Militêre perde hardloop deur Londen se strate

Lees ook :

Militêre perde hardloop deur Londen se strate. Foto: PA Wire

LONDEN, ENGELAND. – Perde sonder ruiters van die Household Cavalry is Woensdagoggend in Londen se strate opgemerk nadat hulle tydens ’n oefensessie losgebreek het.

Volgens die Britse weermag het die perde om 8:25 geskrik toe hulle verby ’n konstruksieterrein in die stad beweeg het. Hulle het spoed opgetel en die strate ingevaar.

Drie soldate het beserings opgedoen toe hulle van die perde afgegooi is.

Inwoners het altesaam vier perde, een wit en een swart, en nog twee ander teen besige verkeer in sien hardloop. Die wit perd was met bloed bedek. Volgens berigte het hy teen ’n passasiersbus vasgehardloop en beserings opgedoen.

Die perde is uiteindelik deur die polisie aangekeer. Beide die perde en soldate ontvang mediese behandeling.

Die volgende video is tydens die voorval geneem:

Bronne: CNN World, The Independent

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief