Dean Macpherson, die minister van openbare werke en infrastruktuur, het ‘n omvattende ondersoek gelas na 6 238 staatshuise wat tans deur regeringsamptenare regoor die land gebruik word.
Die departement sal ook ‘n strategie opstel om vas te stel watter eiendomme nie meer vir staatsdoeleindes benodig word nie en verkoop, herontwikkel of uit die staat se eiendomsportefeulje verwyder kan word.
Volgens Macpherson is 3 626 van die wonings in KwaZulu-Natal, 566 in die Wes-Kaap en 407 in Gauteng. Hy wil ook weet of die toekenning van die wonings aan wetlike vereistes voldoen, of markverwante huur betaal word en of amptenare wat die huise bewoon, wel daarvoor kwalifiseer.
Die direkteur-generaal moet binne 30 dae ‘n verslag aan die minister voorlê. Daarna sal besluit word watter eiendomme behou, hertoegeken of verkoop moet word.
Lees meer hier onder:







