Monnas-hoofseun steeds ernstig siek in hospitaal

Lees ook :

Foto: SupaRugby

GAUTENG. – Ewan van der Walt, Hoërskool Monument se hoofseun vir 2025 en lid van die eerste rugbyspan, is al vyf weke in die hospitaal nadat hy met ’n breinsiekte gediagnoseer is. Die skoolgemeenskap ondersteun hom en bekendes soos die oud-Springbok John Smit en kunstenaars Kurt Darren en Izan Esterhuizen, wat namens die Lions Rugby-unie by hom gaan kuier het, het ook hul omgee betoon.

Ewan, wat die broer is van Luan van der Walt, Puk-heelagter en vleuel, het ’n rugbybeurs na Potchefstroom verwerf en vroeër vanjaar deel geword van die Young Guns-groep. Sy ongesteldheid het daartoe gelei dat hy nie sy matriekeksamen kon voltooi nie, wat beteken dat sy beplande rugby- en studieplan moontlik met ’n jaar uitgestel gaan word. Sy pa, Jakkie van der Walt – ’n Monnas-onderwyser en voormalige Bulle-junior – sê die familie waardeer die ondersteuning en gebede uit die gemeenskap opreg.

In ’n sosialemediaboodskap het die skool gesê: “Monnas bid steeds vir Ewan van der Walt, ons 2025-hoofseun. Dankie aan John Smit vir die spesiale video, en aan Kurt Darren en Izan Esterhuizen wat namens die Lions vir Ewies gaan besoek het. Ewan bly in ons gebede. Ons kan nie wag om hom weer op die rugbyveld te sien nie. Word gou gesond! Die berg wat jy nou klim, gaan ’n pragtige uitsig hê. Hou moed – God is by jou.”

Bronne: Hoërskool Monument en SupaRugby

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief