Moordenaar gevonnis vir dubbele moord – babaseun in sak op ma aangetref

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

VRYSTAAT. – Jonas Mokoena (27) is deur die hooggeregshof in Sasolburg tot 30 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir die moord op sy vriendin, Mpho Dhlamini (41), en Omphile Innocent Mokoena (1), hul babaseun. Die baba se liggaam is in ’n sportsak bo-op sy ma se liggaam gevind – ’n skokkende ontdekking wat die gemeenskap geruk het.

Sers. Josephine Rani, provinsiale polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die liggame van ma en baba is op 16 Januarie 2025 in ’n vlak graf by ’n informele nedersetting in Qalabotjha, Villiers, ontdek nadat inwoners oor ’n onaangename reuk in die omgewing van die hut gekla het. Mokoena het aan die verhuurder voorgehou dat sy vriendin en kind in Balfour is. Kort ná die ontdekking van die liggame het hy spoorloos verdwyn, maar is dieselfde dag deur lede van die Villiers-polisie op pad na Balfour aangekeer.

Mokoena is uiteindelik op twee aanklagte van moord skuldig bevind en op 5 Februarie gevonnis.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief