Skispring en ‘penisinspuitings’ – Wada reageer

Lees ook :

Foto ter illustrasie

Bewerings dat manlike skispringers hialuronsuur in hul penisse sou inspuit om ’n prestasievoordeel in kompetisies te kry, het internasionaal opslae gemaak kort voor die openingsplegtigheid van die Winterspele in Milaan. Die Wêreldagentskap teen die gebruik van verbode middels (Wada) het kort voor vandeesweek se openingsplegtigheid gereageer op bewerings wat hul oorsprong in die Duitse pers het.

Volgens die Bild sou die groter liesarea na bewering binne ’n aërodinamiese konteks voordelig wees, aangesien 3D-skanderings wat gebruik word om atlete se pakgroottes te bepaal, dan groter as normaal sou uitval en atlete verder sal laat “vlieg”.

“Ek is nie vertroud met die besonderhede van skispring nie, of hoe dit prestasie sou kon verbeter nie,” het Wada se direkteur-generaal, Olivier Niggli, vandeesweek tydens ’n nuuskonferensie gesê. “As enigiets na vore sou kom, sal ons dit ondersoek”.

Skipringpakke word vir elke atleet individueel gemaak en voor elke skipringseisoen noukeurig aangepas.

Bronne: CBS Sports, E!News

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief