Motorongeluk lei tot daggavonds

Lees ook :

Foto's: SAPD

MPUMALANGA. – Twee mans is Woensdag in hegtenis geneem, nadat hulle in ‘n motorongeluk was, wat tot ‘n daggabeslaglegging van bykans R600 000 gelei het. Die ongeluk het op die R39 by die Grootdraai-dam T-aansluiting naby Standerton plaasgevind.

Volgens polisiewoordvoerder, kapt. Mpho Nonyane-Mpe, is Standerton-polisiebeamptes na ‘n motorongeluk gestuur. Op die ongelukstoneel is ‘n silwer Toyota Yaris en ‘n wit VW Polo aangetref. Die Yaris se bestuurder is bewusteloos in die pad aangetref en is deur paramedici na ‘n nabygelëe hospitaal geneem, terwyl die Polo in ‘n aangrensende land tot stilstand gekom het.

Polisiebeamptes het verskeie swart plastieksakke vol dagga binne-in die Polo opgemerk. Die 32-jarige bestuurder en sy 26-jarige passasier is op die plek in hegtenis geneem. Altesaam 97 kg dagga, met ‘n geskatte straatwaarde van sowat R582 000, is in beslag geneem, sowel as die Polo, wat ‘n Noord-Kaapse registrasienommer gehad het.

Geeneen van die verdagtes is in die ongeluk beseer nie. Albei staan tereg op ‘n klag van dwelmsmokkery, met ‘n aanklag van roekelose en nalatige bestuur wat teen die bestuurder van die voertuig aanhangig gemaak is. Hulle sal na verwagting binnekort in die Standerton-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief