Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) nooi die publiek, burgerlike organisasies, akademici en die media om deel te neem aan ‘n grondwetlike dialoog oor grond, menseregte en ruimtelike geregtigheid.
Die gesprek val saam met ‘n betekenisvolle merkpunt: 113 jaar ná die naturellegrondwet van 1913 en 30 jaar van grondwetlike demokrasie in Suid-Afrika. Kundiges en gemeenskapsleiers sal saam besin oor die voortslepende uitwerking van grondontneming en ruimtelike ongelykheid en wat regte grondwetlike transformasie sou vereis, onder andere die vraag in welke mate die nalatenskap van die ou bantoetuisland-stelsel vandag nog ongelykheid en swak regering in die land aanwakker.
Die dialoog vind Vrydag van 08:00 tot 16:00 by die menseregte-konferensiekamer op Constitution Hill (die Ou Fort) in Braamfontein, Johannesburg plaas en kan persoonlik of aanlyn bygewoon word. Omdat sitplek beperk is, moet diegene wat dit in persoon wil bywoon Woensdag voor 16:30 by Dirk Swart ([email protected] of 011 877 3787) bevestig, terwyl virtuele deelnemers vooraf deur die SAMRK se skakel kan registreer.







