Nasionale protesaksie teen ongedokumenteerde immigrante glo beoog

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

Die teen-immigrasiegroep March and March het aangekondig dat hulle sal voortgaan met hul beplande protesaksie op 30 Junie. Dit is die sperdatum wat hulle gestel het vir ongedokumenteerde immigrante om die land te verlaat.

March and March-stigter Jacinta Ngobese-Zuma het tydens ‘n perskonferensie in Umhlanga die nasionale protesaksie-ultimatum uitgereik: alle ongedokumenteerde buitelandse burgers moet Suid-Afrika teen 30 Junie verlaat. Die eise is uiteengesit: die regering moet ‘n noodtoestand vir onwettige immigrasie verklaar, ‘n moratorium op alle vlugtelingaansoeke instel en onmiddellike massadeportasies uitvoer. Sy het ook druk begin uitoefen op Checkers Sixty60, Mr D, en McDonald’s om bekend te maak hoeveel buitelandse burgers hulle in diens het.

Die komende protesaksie volg op ‘n reeks sporadiese betogings oor hierdie saak, waar betogers herhaaldelik die regering blameer het vir sy versuim om Suid-Afrika se immigrasiewette te handhaaf. Verskeie sosialemediaplasings het onlangs opgeduik wat oënskynlik geweld aanhits, met gevaarlike wapens wat vertoon word saam met onderskrifte wat na 30 Junie verwys.

Hooforganiseerder Nkosikhona Ndabandaba het egter die publiek gerusstel: “Niks gaan met hierdie land gebeur nie, geen infrastruktuur gaan beskadig word nie. Ons gaan die regering wys – ons sê een ding: onwettige immigrante moet hierdie land verlaat.” ‘n Dringende vergadering deur die justisie-, misdaadvoorkoming- en veiligheidsgroepe, was by die Uniegebou belê, maar March and March-leier Sandile Dube het daarna gesê hy het min vertroue in die uitkoms en dat geen duidelike aksieplan voorgelê is nie.

Khumbudzo Ntshavheni, die minister in die presidensie, het na afloop van ‘n kabinetsitting bevestig dat die land nie op 30 Junie tot stilstand gebring gaan word nie en beklemtoon dat wetstoepassing die uitsluitlike verantwoordelikheid van staatsinstansies bly.

Bronne: EWN, BusinessTech, Africa Press, DigitFMS en SABC News

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief