Die nasionale verbruikerskommissie (NVK) en Georgië se mededingings- en verbruikersagentskap (GCCA) het ’n memorandum van verstandhouding onderteken om samewerking oor verbruikersbeskerming te versterk.
Phetho Ntaba, NVK-woordvoerder, sê die ooreenkoms is in Tbilisi, Georgië, onderteken deur Hardin Ratshisusu, die NVK se waarnemende kommissaris en prof. Irakli Lekvinadze, dieGCCA-voorsitter. Die twee instellings sal onder meer inligting, kundigheid en beste praktyke oor ondersoeke, inspeksies, wetstoepassing en nakoming uitruil. Die ooreenkoms fokus ook op opkomende kwessies soos aanlyn- en oorgrenshandel. Ratshisusu sê die ooreenkoms is tydig omdat handel toenemend aanlyn plaasvind en verbruikers dikwels produkte en dienste van buite hul eie lande gebruik.
Die ondertekening het plaasgevind tydens ’n internasionale konferensie oor verbruikersbeskerming in Georgië.
Druk hier om meer te lees.