Brekende Nuus
Nuus

KYK:Nuushelikopter stort tydens regstreekse ongeluk-dekking neer

Foto: TMZ en Whec TV

Video in berig.

LOS-ANGELES, VSA. – ’n Nuushelikopter wat lugdekking vir NBC4 en Telemundo 52 verskaf het, het Dinsdagaand in Los Angeles neergestort en aan die brand geslaan. Drie mense is in die ongeluk dood. Die helikopter was besig om dekking te verskaf van ’n afsonderlike noodlottige botsing waarin twee mense gesterf het.

Twee van die oorledenes in die nuushelikopter is deur NBC4 as Eliana Moreno – ’n lugverslaggewer/fotojoernalis wat vir NBC4 en Telemundo 52 gewerk het – en George Marciniw, die helikoptervlieënier, geïdentifiseer. Albei was van Angel Citi Air wat die NewsChopper4 bedryf het. Die derde persoon wat op die grond dood is, is nog nie deur die owerhede geïdentifiseer nie.

Volgens Jennifer Middleton, woordvoerder vir die Los Angeles-brandweer, is 67 brandbestryders na die toneel tussen twee kommersiële geboue. Die helikopter het aan die brand geslaan en vier voertuie en twee stoorhouers is beskadig. Brandweerpersoneel het vier pasiënte op die toneel aangetref – drie is op die toneel dood verklaar, terwyl ’n vierde persoon, van wie die toestand onbekend is, na ’n plaaslike hospitaal vervoer is. 

Die helikopter was besig om lugdekking te verskaf van ’n afsonderlike noodlottige botsing tussen ’n MTA-bus en ’n passasiersvoertuig by Nordhoff Street en Ventura Boulevard, minder as ’n myl van die helikopterongeluk. Die brandweerdepartement sê agt mense was in dié botsing betrokke, waarvan twee dood is. Kapt. Branden Silverman het gesê een persoon is tydens die botsing uit die bus geslinger. Brandbestryders moes verskeie mense wat in die bus vasgekeer was, bevry, terwyl een persoon onder die sportnutsvoertuig vasgekeer was.

Die Nasionale Verkeersveiligheidsraad (NTSB) en Federale Lugvaartadministrasie  (FAA) ondersoek die helikopterongeluk, terwyl die Los Angeles-polisiedepartement die botsing tussen die MTA-bus en passasiersvoertuig ondersoek.

Om meer te lees druk hier en hier.